Die Jubeljaar!
Dis die aangenaam jaar van die Here verhaal
En die boodskappers is op die weë gestuur,
Om ons almal te nooi na die bruilof en maal,
Hul te klee in hul beste vir hierdie bly uur.
Skink dan vry vir die dorstiges water van heil
En bring voedsel en spys vir die gaste wie kom.
Wees ook vrolik en bly, laat die sorge verwyl
Laat die bruid haar verlustig vir haar bruidegom.
Trek die priesterlik kleed dan ook aan as gewaad,
En jy kom na die bruilof om saam te vier.
So die bloedgewasskare se oorwinningsdaad,
Wat vermag is deur Jesus die Koning en Heer.
Kom sing bly van die vrymakingskrag in Sy bloed.
Die genesing wat vloei uit Sy wonde geslaan.
Want die boodskap is uit selfs vir dié swaar van moed,
Dit vertel van verlossing wat steeds is gedaan.
En die aangenaam jaar van die boodskap is daar
Dir. Vertel ons van lewe, vergifnis en heil.
Kom sluit aan by die blye en jubelend skaar,
Dis in diepte en waarheid en wysheid gepeil.
Wees tog bly in die Here en jubel tesaam
En verhef dan jul stemme en bring Hom die eer,
O! Want kyk jy sal staan nooit alleen of beskaam,
Dis die jubeljaar van onse God en ons Heer.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 5 Junie 1985